Kopieer en plak
MuseScore kan individuele note asook groot stukke musiek kopieer. Die 0.9.4 weergawe sluit baie verbeterings in aangaande kopieer-plak, insluitende ondersteuning vir "shift"-trek seleksies. Kopieer-plak in weergawe 0.9.3 of vroëer is beperk tot volle mates en is moeilik om te gebruik. (sien hieronder vir instruksies).
Kopieer
- Kliek op die eerste noot van die seleksie
- Shift+kliek op die laaste noot van die seleksie. 'n Blou reghoek sal die area verlig van die seleksie.
- Van die kieslys, kies Wysig → Kopieer
Plak
- Kliek op die noot of maat waarin die seleksie geplak moet word.
- Van die kieslys, kies Wysig → Plak
Instruksies vir 0.9.3 of vroëer
Kopieer
- Kliek op 'n leë gedeelte van 'n maat om die hele maat te selekteer ('n blou reghoek sal die seleksie verlig)
- Indien u die seleksie wil uitbrei, dan Shift+kliek op die leë gedeelte van enige maat
- Van die kieslys, kies Wysig → Kopieer
Plak
- Kliek op die leë gedeelte van die maat waarin die seleksie geplak moet word
- Van die kieslys, kies Wysig → Plak